Tuisgemaakte Tamatiesous

Tuisgemaakte Tamatiesous

Recipe by ElmarieCourse: Lunch, Dinner, Breakfast
Servings

300ml

‘n Goeie tamatiesous het eindelose gebruike. Jy sal nie ’n makliker en vinniger resep kry as hierdie een nie, met baie geur en amper geen moeite nie. Dit is een van daardie resepte wat jy gereeld sal maak en jy gaan nie weer tamatiesous in die winkels koop nie. Jy kan dit op burgers, pizzas en pasta gebruik.
 

Ingredients

  • 1 eetlepel olyfolie

  • 3 knoffelhuisies, fyngekap

  • 3 x 410 g-blikke tamaties

  • ’n hand vol vars basiliekruid

  • 1 brandrissie (opsioneel)

  • sout en varsgemaalde swartpeper

Directions

  • Verhit die olie in ’n groot pan en braai die knoffel liggies.
  • Voeg die tamaties en basiliekruid by, en ook die brandrissie as jy dit wil gebruik.
  • Geur met sout en peper en bring tot kookpunt.
  • Jy besluit watter metode jy verkies; ek gebruik albei metodes. Verwerk die mengsel met ’n stokmenger en bring weer tot kookpunt. Kook tot dit halveer en ’n dik sous vorm. Dit moet dik genoeg wees soos ’n tamtiesous wat jy oor ’n pizzabasis kan smeer.
  • OF
  • Sit ’n growwe sif oor ’n bak en vryf die sous met ’n houtlepel deur die sif nadat die mengsel die eerste keer gekook het. Gooi die sous terug in die pan en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 5 minute sodat die geure kan ontwikkel. Kook tot dit halveer en ’n dik sous vorm. Dit moet dik genoeg wees soos ’n tamtiesous wat jy oor ’n pizzabasis kan smeer.
  • Let wel: Bêre die sous in ’n glasfles in die yskas – dit sal vir ’n week of so goed hou. Jy kan dit ook in porsies vries om later te gebruik.
Shopping Cart