Heel pampoen met geurige rysvulsel

Recipe by ElmarieCourse: Dinner, Lunch

Jy het nie eens ’n bak nodig om die pampoen te bak nie, net ’n heel pampoen. Ek verkies dit om hou
daarvan om die blou pampoen te gebruik maar die gewone wit boerpampoen werk ook goed. Die rys is
so lekker jy kan net dit maak op sy eie.

Ingredients

  • 1 medium-groot pampoen van jou keuse

  • 2 eetlepels botter

  • 1 koppie droë witwyn

  • 3 koppies hoenderaftreksel

  • 2 eetlepels olyfolie

  • 1 ui, fyn gekap

  • 1 soetrissie, fyn gekap

  • 2 murgpampoentjies, in skyfies gesny

  • 2 knoffelhuisies, fyngekap

  • sout en swartpepper na smaak

  • ½ koppie rou rys

  • 1 blikkie (410g) gekapte tamaties

  • ¼ koppie soetrissiesous (sweet chili)

  • 1 koppie gerasperde cheddarkaas

  • 1 koppie room

Directions

  • Verhit die oond tot 200 °C.
  • Sny ’n gat bo in die heel pampoen sodat jy ’n “pampoendeksel” het. Haal al die pitte uit. Skep die 2
  • eetlepels botter in die holte en sit die pampoendeksel terug.
  • Gooi 2 koppies water in ’n oondpan en sit die pampoen daar in. Bak die pampoen vir 1 uur terwyl jy die
  • vulsel maak.
  • Verhit die wyn en hoenderaftreksel tot kookpunt. Gooi die olyfolie in ’n pan en braai die ui, soetrissie,
  • murgpampoentjies en knoffel in die olyfolie. Geur met sout en peper. Voeg die rys, tamaties,
  • soetrissiesous en die hoenderaftrekselmengsel by. Kook stadig vir 30 minute. Gooi die mengsel in die
  • pampoen. Gooi die room oor en strooi die kaas bo-oor. Sit die pampoendeksel terug en bak nog 30
  • minute of tot die pampoen sag is. Haal die pampoendeksel die laaste 10 minute af sodat dit goudbruin
  • kan bak.
Shopping Cart