Granny se Hawermoutkoekies

Granny se Hawermoutkoekies

Recipe by ElmarieCourse: sweet
Servings

24

Dit was die heel eerste resep wat ek gemaak het. My ma het steeds die stuk karton waarop ek die resep
afgeskryf het terwyl my ouma dit oor die foon gelees het. Ek was toe in Graad 1, maar elke keer as ek die
koekies proe, dink ek terug aan my ouma se huis – eintlik na die koekblikke agter haar eetkamerdeur.
Smiddae het ons van die koekies saam met ons tee geniet en dit was ook die eerste ding wat ingelaai
was wanneer ons op pad see toe was.

Ingredients

  • 250 g sagte botter

  • 1 koppie suiker

  • 1½ koppie koekmeel

  • 1½ koppie hawermout

  • 1 koppie klapper

  • 2 eetlepels stroop of heuning

  • 2 eetlepels kookwater

  • 2 teelepels koeksoda, aangemaak in ’n klein bietjie warm water

Directions

  • Verhit die oond tot 180 °C.
  • Klits die botter en die suiker saam in ’n mengbak tot lig en romerig. Meng die meel, hawermout en
  • klapper in ’n ander bak. Voeg die stroop of heuning, kookwater en koeksoda by die bottermengsel en
  • meng goed. Voeg die meelmengsel by en meng goed.
  • Rol okkerneutgrootte-balletjies en pak sowat 7 cm uit mekaar op ’n gesmeerde bakplaat. Druk die
  • balletjies effe plat met ’n vurk. Bak vir 10–15 minute tot goudbruin.
  • Die koekies is sag wanneer jy dit uit die oond haal. Laat dit effe afkoel voordat jy dit van die pan afhaal.
  • Laat heeltemal afkoel en verpak in ’n lugdigte houer.
Shopping Cart