Maklikste Eend

Recipe by ElmarieCourse: Dinner, Lunch

Jy sal nie sommer ’n makliker en smaakliker resep as dié een kry nie. Die voorbereiding neem jou slegs ’n
paar minute; daarna sit jy dit in die oond en vergeet daarvan (vir 2 uur!).

Ingredients

  • 4 eendboudjie en dytjiestukke

  • 4 eetlepels eendvet

  • 1 eetlepel vars roosmaryn, gekap

  • sout

Directions

  • Verhit die oond tot 160 °C.
  • Maak die eendstukke droog met kombuispapier. Sny merkies in die vel sodat dit ’n diamantvorm maak.
  • Sout die eendstukke en laat staan teen kampertempratuur vir 1 uur.
  • Sit die eendstukke in ’n oondvaste bak. Skep die eendvet oor en sprinkel die roosmaryn oor. Sit die bak
  • met die eend in die oond en draai die hitte laer tot 140 °C. Bak die eend oop vir 2 uur.
  • Sit voor met kapokaartappels.
Shopping Cart