Broccoli en aspersie slaai met sesame-saad en rissies

Recipe by ElmarieCourse: Dinner, Lunch

Hierdie broccoli-slaai is perfek vir pieknieks en om saam met ‘n braai of enige ete te geniet. Dit is so
maklik om te maak. Hierdie was een van die resepte wat ek vir Kosbaar gemaak het wat nooit in ide boek gekom het nie agv spasie. Ek moet dit net met julle deel. x

Ingredients

  • 1 ½ eetlepel suurlemoensap

  • Sout en peper

  • ½ teelepel rissievlokkies

  • 1 eetlepel sesame-saad, lig gerooster

  • ½ ui, gerasper

  • 3 eetlepels olyfolie

  • ¼ koppie geroosterde amandelvlokkies

  • 12 aspersies, in skyfies gesny

  • 1 broccoli in happiegroottes gesny

  • 3 radyse in baie dun skyfies gesny

  • Skil van 1 suurlemoen gerasper

  • Sout en peper

  • Parmasaan skaafsels

Directions

  • Om die slaaisous te maak – klits die suurlemoensap, sout, ui, olyfolie, rissie en die sesame-saad saam.
  • Roer die geroosterde amandels in. Hou eenkant
  • Verhit 1 eetlepel olyfolie in ‘n pan oor medium hitte. Voeg die aspersies en die broccoli in en roerbraai
  • vir 2 minute. Geur met sout en peper. Verwyder van die hitte.
  • Rangskik die groente op ‘n slaaibord en strooi die radys-skyfies bo-oor. Rasper die suurlemoenskil oor en
  • sprinkel die slaaisousie oor. Eindig met ‘n paar parmesaan skaafsels.
Shopping Cart