Wildesampioen-en-edellaatoes-sop
Course: Dinner, LunchEk is mal oor die sampioene en natuurlik die truffels in Italië. Terwyl die Putumayo the Italian Cafe-
album in die agtergrond speel en ek in my kombuis in die Stellenbosch-wynlande met ’n glas rooiwyn
staan, besluit ek om een van die Italiaanse soppe na te boots. Maar daar het iets gekort – toe onthou ek
van die wonderlike sout wat ’n Paarlse vrou rook. Ek het haar gourmet gerookte sout bygevoeg en dit
het die sop verander na iets besonders: Italië en Suid-Afrika in een pot!
Ingredients
250 g blomkool, gekap
3 eetlepels olyfolie
gerookte sout
peper
1 bruin-ui, gekap
3 preie, gekap
3 vars knoffelhuisies, fyngekap
250 g wildesampioene of enige ander soort
¼ koppie gedroogte sampioene, ek gebruik oester-sampioene
vars tiemietakkies
½ koppie edellaatoeswyn
1 liter goeie hoenderaftreksel
250 g mascarpone-kaas
4 druppels truffel-olie (opsioneel)
Directions
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Plaas die blomkool op ’n bakplaat en sprinkel van die olyfolie oor. Geur met gerookte sout en peper.
- Rooster vir 25 minute tot goudbruin.
- Verhit die olyfolie, voeg die ui, preie en knoffel by en braai oor matige hitte tot sag. Voeg die blomkool,
- wildesampioene en gedroogte sampioene by en braai tot die sampioene sag is. Voeg ’n paar takkies vars
- tiemie, die edellaatoes en die hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en prut vir 20 minute.
- Sit die sop in ’n voedselverwerker en versap tot dit glad is. Gooi dit terug in die pot, voeg die
- Mascarpone en truffel-olie by indien gebruik. Verhit stadig en sit voor met ’n varsgebakte ciabatta.