Wildesampioen-en-edellaatoes-sop

Recipe by ElmarieCourse: Dinner, Lunch

Ek is mal oor die sampioene en natuurlik die truffels in Italië. Terwyl die Putumayo the Italian Cafe-
album in die agtergrond speel en ek in my kombuis in die Stellenbosch-wynlande met ’n glas rooiwyn
staan, besluit ek om een van die Italiaanse soppe na te boots. Maar daar het iets gekort – toe onthou ek
van die wonderlike sout wat ’n Paarlse vrou rook. Ek het haar gourmet gerookte sout bygevoeg en dit
het die sop verander na iets besonders: Italië en Suid-Afrika in een pot!

Ingredients

  • 250 g blomkool, gekap

  • 3 eetlepels olyfolie

  • gerookte sout

  • peper

  • 1 bruin-ui, gekap

  • 3 preie, gekap

  • 3 vars knoffelhuisies, fyngekap

  • 250 g wildesampioene of enige ander soort

  • ¼ koppie gedroogte sampioene, ek gebruik oester-sampioene

  • vars tiemietakkies

  • ½ koppie edellaatoeswyn

  • 1 liter goeie hoenderaftreksel

  • 250 g mascarpone-kaas

  • 4 druppels truffel-olie (opsioneel)

Directions

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Plaas die blomkool op ’n bakplaat en sprinkel van die olyfolie oor. Geur met gerookte sout en peper.
  • Rooster vir 25 minute tot goudbruin.
  • Verhit die olyfolie, voeg die ui, preie en knoffel by en braai oor matige hitte tot sag. Voeg die blomkool,
  • wildesampioene en gedroogte sampioene by en braai tot die sampioene sag is. Voeg ’n paar takkies vars
  • tiemie, die edellaatoes en die hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en prut vir 20 minute.
  • Sit die sop in ’n voedselverwerker en versap tot dit glad is. Gooi dit terug in die pot, voeg die
  • Mascarpone en truffel-olie by indien gebruik. Verhit stadig en sit voor met ’n varsgebakte ciabatta.
Shopping Cart