Botterkerrie-hoenderpasta

Recipe by ElmarieCourse: Dinner, Lunch

Dit is een van daardie resepte wat jy baie gaan maak. Hou die bestanddele sommer in jou kas vir daardie
aande wat jy trooskos soek, maar nie baie tyd het nie. Dié geurryke pasta gaan heerlik saam met ’n
chardonnay.

Ingredients

  • 500 g-pak penne-pasta of gluten-vrye spaghetti

  • 2 eetlepels olyfolie

  • 500 g hoenderfilette sonder vel, in repies gesny

  • 1 teelepel fyngekapte knoffel

  • 1 teelepel vars gemmer, gerasper

  • 1 teelepel borrie

  • 115 g-houer tamatiepasta

  • sout en varsgemaalde swartpeper

  • 400 g klaargekoopte botterhoendersous

  • 1 koppie room of klappermelk

  • Griekse dubbelroom-jogurt vir voorsit

Directions

  • Kook die pasta in genoeg soutwater volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer die pasta sodra dit
  • aldente is.
  • Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die hoender, knoffel, gemmer, borrie en tamatiepasta. Geur met
  • sout en peper. Voeg die klaargemaakte botterhoendersous en 1 koppie room of klappermelk by. Kook
  • saam vir 8 minute.
  • Sit voor saam met die slaai en Griekse dubbelroom-jogurt.
  • Slaai
  • koppie kool, fyn gesny
  • koppie mieliepitte
  • rooi soetrissie, in repies gesny
  • ’n handvol vars koljander, gekap
  • eetlepels olyfolie
  • eetlepel suurlemoensap
  • Meng al die bestandele saam. Sit voor saam met die botterkerrie-hoenderpasta.

Recipe Video

Shopping Cart