Gebakte souskluitjies
Course: sweet, recipesVeral in die wintermaande mis ek my ma se pannekoek en gebakte nagereg. Hierdie resep is een van ons
familiegunstelinge, haar flop-vrye souskluitjies.
Ingredients
- Kaneelstroop
1½ koppie bruinsuiker
1,5 liter water
50 g botter
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel sout
- Kluitjiebeslag
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 teelepel wonderpeper (allspice)
100 g sagte botter
2 eiers
½ koppie melk
kaneelsuiker na smaak
Directions
- Verhit die oond tot 150 °C.
- Kaneelstroop
- Verhit die suiker en ¼ koppie van die water in ’n kastrol. Laat die suiker karamelliseer – moenie roer nie,
- want dit sal suikerkristalle laat vorm. Jy kan die kastrol heen en weer skud sodat dit makliker meng.
- Voeg nou die botter, kaneel, res van die water en sout by en kook vir 3 minute.
- Kluitjiebeslag
- Voeg die meel, bakpoeier, sout, wonderpeper, botter, eiers en melk in ’n menger en meng goed. Die
- beslag moenie te loperig of te dik wees nie; dit moet soos wafelbeslag lyk.
- Gooi die stroop in ’n oondbak met ’n deksel, skep nou lepels vol van die beslag in die stroop. Strooi
- kaneelsuiker oor en bak met die deksel op vir 40 minute.
- Sit voor saam met vla en roomys.