Gebakte souskluitjies

Recipe by ElmarieCourse: sweet, recipes

Veral in die wintermaande mis ek my ma se pannekoek en gebakte nagereg. Hierdie resep is een van ons
familiegunstelinge, haar flop-vrye souskluitjies. 

Ingredients

  • Kaneelstroop
  • 1½ koppie bruinsuiker

  • 1,5 liter water

  • 50 g botter

  • 1 teelepel fyn kaneel

  • 1 teelepel sout

  • Kluitjiebeslag
  • 2 koppies koekmeel

  • 4 teelepels bakpoeier

  • 1 teelepel sout

  • 1 teelepel wonderpeper (allspice)

  • 100 g sagte botter

  • 2 eiers

  • ½ koppie melk

  • kaneelsuiker na smaak

Directions

  • Verhit die oond tot 150 °C.
  • Kaneelstroop
  • Verhit die suiker en ¼ koppie van die water in ’n kastrol. Laat die suiker karamelliseer – moenie roer nie,
  • want dit sal suikerkristalle laat vorm. Jy kan die kastrol heen en weer skud sodat dit makliker meng.
  • Voeg nou die botter, kaneel, res van die water en sout by en kook vir 3 minute.
  • Kluitjiebeslag
  • Voeg die meel, bakpoeier, sout, wonderpeper, botter, eiers en melk in ’n menger en meng goed. Die
  • beslag moenie te loperig of te dik wees nie; dit moet soos wafelbeslag lyk.
  • Gooi die stroop in ’n oondbak met ’n deksel, skep nou lepels vol van die beslag in die stroop. Strooi
  • kaneelsuiker oor en bak met die deksel op vir 40 minute.
  • Sit voor saam met vla en roomys.
Shopping Cart