Italiaanse Pasta

Recipe by ElmarieCourse: Dinner, Savoury



Ek hou baie van die kombinasie van pasta en suurlemoen en dié resep is deur my ouma Cedar
geïnspireer. Sy het altyd kosgemaak met vars suurlemoen en haar uithaler eenpotgeregte vir ons familie
voorgesit wanneer ons bymekaar was om iets te vier.

Ingredients

  • Hoender
  • 350 g hoenderborsiefilette

  • ¼ koppie suurlemoensap

  • 1 knoffelhuisie, gekneus

  • ½ komkommer

  • 1 pakkie ontpitte swart olywe

  • 250 g songedroogde tamaties

  • ½ koppie artisjokharte (opsioneel)

  • sout en varsgemaalde swartpeper

  • Pastasous
  • ¼ koppie olyfolie

  • 1/3 koppie balsamiese asyn

  • 1 eetlepel heelkorrelmosterd

  • 1 eetlepel heuning

  • 1 koppie room

  • 3 teelepels mielieblom

  • 1/3 koppie water

  • vars basiliekruid

  • skil van 1 suurlemoen

  • parmesaan-skaafsels

  • 500 g-pak penne-pasta

Directions

  • Hoender
  • Sny die hoenderfilette in blokkies en marineer dit in suurlemoensap en knoffel vir 1 uur of oornag. Berei
  • intussen die res van die bestanddele voor.
  • Sny die komkommer in die lengte deur en dan weer in die helfte en kerf dit dun.
  • Braai die hoenderstukkies tot goudbruin en gaar. Voeg die olywe, songedroogde tamaties, artisjokke
  • indien gebruik, en komkommer by. Geur met sout en peper na smaak.
  • Pastasous
  • Meng die olie, asyn, mosterd, heuning en room in ’n klein kastrol. Laat die sous prut. Meng die
  • mielieblom en water en voeg dit by die sous. Prut tot dit lekker dik en sonder klonte is.
  • Voeg die sous by die hoender en laat dit prut vir omtrent 5 minute.
  • Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie tot dit al dente is. Dreineer. Skep die sous oor die
  • pasta. Strooi die basilie, suurlemoenskil en parmesaanskaafsels oor en sit voor.

Notes

  • Resep kom uit Kosbaar deur Elmarie Berry

Shopping Cart