Maklikste Eend
Course: Dinner, LunchJy sal nie sommer ’n makliker en smaakliker resep as dié een kry nie. Die voorbereiding neem jou slegs ’n
paar minute; daarna sit jy dit in die oond en vergeet daarvan (vir 2 uur!).
Ingredients
4 eendboudjie en dytjiestukke
4 eetlepels eendvet
1 eetlepel vars roosmaryn, gekap
sout
Directions
- Verhit die oond tot 160 °C.
- Maak die eendstukke droog met kombuispapier. Sny merkies in die vel sodat dit ’n diamantvorm maak.
- Sout die eendstukke en laat staan teen kampertempratuur vir 1 uur.
- Sit die eendstukke in ’n oondvaste bak. Skep die eendvet oor en sprinkel die roosmaryn oor. Sit die bak
- met die eend in die oond en draai die hitte laer tot 140 °C. Bak die eend oop vir 2 uur.
- Sit voor met kapokaartappels.