Mediterreense hoender

Recipe by ElmarieCourse: Dinner, Savoury
Servings

6-8

4 – 8

Hierdie resep kom uit ’n klein dorpie in Toskane, Montepulciano. Die dorpie word omring deur wingerde
en is bekend vir hulle rooiwyn. Ons het dié geurige dis by een van die restaurante op die plaza geniet.

Ingredients

  • ¾ koppie goeie olyfolie

  • 3 eetlepels botter

  • 16 hoenderporsies, met vel aan

  • 1 ui, gekap

  • 8 knoffelhuisies, gekap

  • 250 g chorizo, in skywe gesny

  • 400 g murgpampoentjies, in skywe gesny

  • 250 g sampioene, gehalveer

  • 250 g ontpitte swart olywe

  • 2 koppies droë witwyn

  • 2 koppies hoenderaftreksel

  • 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties

  • 410 g-blik botterbone, gedreineer

  • sout en varsgemaalde swartpeper

  • ’n hand vol vars basiliekruid

Directions

  • Verhit die olyfolie en botter in ’n groot kastol en braai die hoenderstukke tot goudbruin. Voeg die ui,
  • knoffel, chorizo, murgpampoentjies, sampioene en olywe by.
  • Giet die wyn oor en verhit tot kookpunt. Laat 5 minute vining kook voordat jy die hoenderaftreksel en
  • tamaties byvoeg. Sit die deksel op, stel die die hitte effens laer en prut vir sowat 40 minute of tot die
  • hoender sag is. Voeg die botterbone by en laat weer prut vir 10 minute.
  • Skep die hoenderstukke in ’n opdienbak. Hou warm. Prut verder sonder die deksel tot die vloeistof ’n
  • lekker dik sous vorm. Geur met sout en peper na smaak. Roer die basilie vining by die sous en skep dit
  • oor die hoender. Sit voor met stomende wit rys of ’n kraakvars brood.

Notes

  • Resep kom uit Kosbaar deur Elmarie Berry

Shopping Cart